Meer Ons

Ons Visie

Om kwaliteit onderwys aan te bied en 'n positiewe verskil te maak in die lewens van die gemeenskap wat ons dien.

Ons Missie

Om aan ons kinders 'n vaste grondslag vir die toekoms te bied in 'n positiewe en toegewyde omgewing waar hulle, en hul ouers, aktief betrokke kan wees by hul leerervaring.

Ons Geskiedenis

Ridge Junior Primêre Skool is in 1967 in Ridgeweg gestig toe Pelham nie meer die junior fase kon akkommodeer nie.

Ridge het die Scottsville en omliggende gemeenskap gedien, met gespesialiseerde onderwys in die Engelse en Afrikaanse medium, vir die daaropvolgende 50 jaar. Die Skool akkommodeer tans 730 leerders asook 70 akademiese en ondersteuningspersoneel.

Ons leuse, “Semper ad Optima”, word elke dag uitgeleef terwyl ons voortgaan om ons leerders van opwindende leer-geleenthede te voorsien, en te verseker dat hul dae gevul is met gepaste leerervarings vir die toekoms. Ons, tesame met die ouers, vier die groei en prestasies van ons kinders, en streef daarna om hulle toe te rus met die nodige vaardighede om die groot stap die Pelham Senior Primêre afdeling, as onafhanklike, verantwoordelike en gebalanseerde leerders, te neem.

Ons is baie trots daarop om gereeld die name van voormalige Ridge leerders in leierskaps posisies en as top presteerders, by hoërskole te sien.

Ridge Junior Primêre Skool bied aan:

  • Engelse en Afrikaanse klasse : Graad RR tot 3
  • Interaktiewe Borde in al die klaskamers
  • Goed toegeruste Rekenaar en Mediasentrum.
  • Sport en Swem program
  • Dinamiese Musiekprogram
  • Nasorg en vakansiesorg
Ons Plek

Ridge Junior Primêre Skool is geleë in die hart van Scottsville, Pietermaritzburg. Besoek ons gerus om te sien wat die skool alles aanbied?