Nasorg

Ridge Junior Primêre

Nasorg is beskikbaar van 12:20 tot 17:00 by die huis langs die sportveld. Toegang kan slegs verkry word vanaf die skoolgronde. Ons Nasorg dames streef daarna om ‘n huislike omgewing te verskaf aan die kinders in hul sorg. ‘n Namiddag versnapering,‘n vrug, sap en beskuitjie, word voorsien.

Ridge Roots

Nasorg is beskikbaar van 12:00 tot 17:00 op die pre-primêre terrein. Dit is ‘n veilige en versorgende omgewing vir ons kleingoed. ‘n Namiddag versnapering, ‘n vrug, sap en beskuitjie, word voorsien.